VRYSTAAT. – Een verdagte, ‘n 21-jarige, is vas nadat verskeie familielede dood in hulle huis gevind is en ‘n 11-jarige seun glo met ‘n knopkierie geslaan is.
FiNDiT het vroeër die week berig die 11-jarige seun is na bewering deur aanvallers met ‘n knopkierie op die neus geslaan. Hy het daarna mediese behandeling in ‘n plaaslike hospitaal ontvang.
21-jarige vas en verskyn dan in hof
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n geïntegreerde span ondersoekers is aangestel om moorde te ondersoek en hulle het 24 uur per dag gewerk om die verdagtes op te spoor. Die 21-jarige verdagte is Woensdagmiddag in hegtenis geneem.
LEES OOK: 11-jarige glo met knopkierie geslaan, oorleef terwyl vyf familielede sterf
Die verdagte sal op 9 April 2021 in die landdroshof op Phuthaditjhaba verskyn op aanklagte van moord, brandstigting en poging tot moord.
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



