Vrae na familielid sy lewe verloor: Caydin Kristen Miller

“Nie eers ‘n hond verdien om op so ‘n manier te sterf nie. Caydin was ‘n mens, hy het beter verdien.”

Na bewering het Caydin Miller (20) op 26 Maart na 01:00 in die oggend-ure, sy lewe verloor toe hy met 'n mes in sy nek gesteek is.

Na bewering het Caydin Miller (20) op die 26 Maart, na een in die oggend ure, sy lewe verloor toe hy met 'n mes in sy nek gesteek is. (Foto: Jolene Miller)

KIMBERLEY.- Na bewering het Caydin Miller (20) die 26ste Maart 2021 sy lewe verloor toe hy met ‘n mes in sy nek gesteek is. Sy familie treur en vind dit moeilik om vrede te maak met die dood van hul geliefde. Die familie wag steeds op antwoorde vanaf die SAPD.

Volgens Jolene Miller, tannie van die oorledene, het hy sy identiteitsdokument net so voor 01:00 in die oggend by die huis gaan kry. Mckayla, sy niggie, was tuis. “Hy het ‘n vriend by hom gehad. Hy wou solank by die poskantoor in ‘n ry gaan staan vir sy R350.”

Die oggend omstreeks 09:00 het ‘n speurder by die huis opgedaag en die nuus van Caydin se afsterwe aan die familie bekend gemaak. “Ek was nie in Kimberley nie en die familie moes my bel,” sê Miller. Volgens Miller is dit aan die familie bevestig dat Caydin naby 01:30 gesterf het.

Die toneel waar Caydin sy lewe verloor het, is naby die hof agter die poskantoor. Daar is tans ‘n wit kruis by die toneel onder ‘n boom geplaas ter nagedagtenis aan Caydin.

Die familie sukkel om vrede te maak met die afsterwe van hul geliefde. “Daar is soveel vrae wat ons het, niemand kan dit vir ons antwoord nie. Wie het dit gedoen en waarom?”

“Nie eers ‘n hond verdien dit om op so manier te sterf nie. Caydin was ‘n mens, hy het beter verdien.”

Lees ook: Sal jy ophou om jou liggaamshare te verwyder?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: