Liggaam van man lê nege jaar in woonstel

Deel hierdie storie / Share this story

NORWEë. – ‘n Man, vermoedelik in sy sestigs, het nege jaar dood in sy woonstel gelê voordat sy liggaam deur ‘n opsigter ontdek is.

Bure van die man het aan The Guardian gesê hy was baie alleen en rustig. Alhoewel hulle hom vir ‘n lang tyd nie gesien het nie, het hulle gedink hy het dalk getrek of is na ‘n ouetehuis geneem. Die opsigter het in Desember 2020 die polisie versoek om die woonstel oop te sluit sodat hy herstelwerk kon doen. Dit is toe die opsigter op sy liggaam afkom.

Liggaam van man lê al vanaf 2011

Die polisie glo dat die man in April 2011 dood is, op grond van ‘n kartonboksie melk en ‘n brief wat in sy woonstel gevind is. ‘n Nadoodse ondersoek het getoon dat hy aan natuurlike oorsake dood is.

Diegene wat by die saak betrokke is, sê dis hartseer dat niemand die man gemis het of gesoek het nie. Alles dui daarop dat hy ‘n alleenmens was en nie baie met ander te doen gehad het nie.

LEES OOK: Bobbejaanwyfie van kant gemaak na motor haar raakry

LEES OOK: KYK: Kimberliete verloor moed, pompe by reservoir staan doodstil

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.