Bobbejaanwyfie van kant gemaak na motor haar raakry

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die vyfjarige bobbejaanwyfie, wat deel was van die Rooi-Els-trop, is gister op die N44 net voor Rooi-Els raakgery.

‘n Persoon wat gesien het hoe die voorval plaasvind, kon die persoon, wat die bobbejaan raakgery en weggejaag het, se voertuigregistrasienommer neem. Nog ‘n persoon wat gisteroggend op die toneel was, sê die bobbejaan het vreeslik gekreun en het nog gelewe nadat sy raakgery is. ‘n Veearts het die bobbejaan weggeneem en sy is gisteraand laat by ‘n veearts op Caledon van kant gemaak.

‘n Foto, ook op Facebook, wys verskeie bobbejane wat aan die een kant van die berg sit en kyk hoe een van hulle trop vol bloed in die pad lê en kreun. Dit het baie lesers se harte geraak.

LEES OOK: KYK: Kimberliete verloor moed, pompe by reservoir staan doodstil

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.