Afgepers vir naakfoto’s

Nie almal op sosiale media wil net ‘n kletsmaatjie wees nie.

Die man, wat geld in die onbekende vrou se rekening inbetaal het vir naakfoto's, is later deur nog 'n vrou gekontak.

Die man, wat geld in die onbekende vrou se rekening inbetaal het vir naakfoto's, is later deur nog 'n vrou gekontak. (Foto: Kaspersky)

DURBAN.- ‘n Anonieme man van hier het die Reaction Unit South Africa (RUSA) gekontak toe hy dreigboodskappe ontvang het. ‘n Onbekende persoon het ‘n “tydverkwistingsfooi” van hom geëis. Dit na die man glo met ‘n vrou op Facebook gesels het en later geld vir naakfoto’s in die vrou se rekening betaal het.

Volgens Reaction Unit South Africa (RUSA) is hulle die afgelope paar maande deur verskeie mans en vrouens gekontak omdat hulle veral afgepers word deur onbekende mense wat beweer hulle is in besit van naakfoto’s waarop hulle verskyn.

Afgepers vir naakfoto’s, dan is dit vervalste foto’s

In baie gevalle is van die slagoffers se foto’s van hul Facebook-profiele afgetrek. Die foto’s is dan gemanipuleer en die slagoffers se gesigte is op foto’s van naakte liggame geplaas. Die slagoffers word gedreig as hulle nie betaal nie, sal die foto’s op Facebook geplaas word. In ander gevalle het slagoffers wel naakfoto’s van hulself aangestuur, sonder om te weet die persoon met wie hul gesels is nie wie hy sê hy is nie.

Volgens RUSA het die vrou hier bo genoem aangebied om vir die man van Durban naakfoto’s van haarself te stuur vir R500. Later toe die twee verder op Whatsapp gekommunikeer, het die vrou hom R800 gevra vir ‘n video waarin sy omgang met ‘n ander man het. Die vrou het die foto’s en video gestuur nadat die man die geld in haar rekening inbetaal het.

Die man is toe later deur ‘n ander vrou gekontak wat hom R1 500 gevra het vir foto’s en video’s van haarself. Hy het glo die aanbod geweier. Die onbekende vrou het woedend geword en vir die man gesê sy sal hom ‘n les leer.

Afpersing met foto van geweer

Die man het later weer ‘n boodskap ontvang van ‘n onbekende nommer af. Dié persoon het R5 000 vir die versuim om besigheid met die onbekende vrou te doen, geëis. Saam met die boodskap was ‘n foto van ‘n R5-geweer op die voorste sitplek van ‘n motor.

Die man het die nommer geblokkeer toe hy gedreig is dat hy deur middel van sy selfoonnetwerkverskaffer opgespoor sal word indien hy nie die geld inbetaal nie.

Lees ook: Seun begin op 15 studeer en kry sy graad nog voor matriek

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: