January 24, 2021

Sal jy ophou om jou liggaamshare te verwyder?

Foto: Social News Daily

Die nuutste tendens is vrouens wat fotos van hul uitgegroeide liggamshare neem en dit op sosiale media deel.

Volgens Brightside sien sommige vrouens die uitgroei van hul liggaamshare as ’n manier om hul liggame te aanvaar soos dit is. Die groei van hare is natuurlik. Baie vrouens vind dit baie gemaklik om nie te skeer nie, omrede daar dan geen velirritasie is nie. Dit is onplesierig om te sukkel met hare wat ingroei of die uitslag wat jy kry as jy geskeer het. Dit spaar ook baie tyd. Die vrouens voel daar is belangriker goed om op te fokus as om elke tweede dag te moet skeer.  Die liggaamshare by vrouens is egter ietwat ongewoon en trek dus baie aandag.

Om jou liggaamshare te laat uitgroei, is ’n persoonlike keuse. Dink jy jy sal dit ooit doen?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *