Hoe om gelukkiger wakker te word

Foto: Pixabay

Baie van ons hou nie daarvan om vroeg op te staan en te weet daar is ’n lang dag wat voorlê nie. Is jy ’n knorpot as jy moet opstaan?

Hier is ’n paar wenke van Psychology Today wat jou kan help beter voel in die oggend.

  • Berei jouself voor vir môre. Maak seker jy sit klaar die volgende dag se klere reg en jy weet waar jou sleutels en alles is. Dit sal help om jou kalm te hou en dan hoef jy nie te jaag nie.
  • Kry genoeg slaap. Maak seker jy gaan slaap betyds sodat jy genoeg slaap inkry en wakker word met genoeg energie.
  • Dink waarvoor is jy dankbaar. Terwyl jy nog in die bed lê, dink aan alles waarvoor jy dankbaar is. Dit sal ’n positiewe uitwerking op jou gemoedstoestand hê.
  • Hou jou Bybelstudie en begin jou dag op die regte manier.
  • Moenie dink aan alles wat nog gedoen moet word deur die dag as jy wakker word nie. Dink eerder aan alles positiefs en lekkers wat kan gebeur. Dit sal ook jou gemoedstoestand lig.
  • Moenie vroeg in die oggend sosiale media gebruik nie. Staan eers op, maak jouself gereed vir die dag en drink koffie. Daarna kan jy op jou foon lees. Dit help jou om jou aandag by jouself en jou familie te hou en nie by wat aangaan in die wêreld en wat jy alles vir die dag moet doen nie.

Deur onsself gelukkig te hou, is dit moontlik om ’n meer produktiewe dag te hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: