January 20, 2021

Virus eerste keer van mens na gorilla oorgedra

LOS ANGELES. – Die eerste oordrag van die koronavirus vanaf ’n mens na ‘n gorilla is die week bekendgemaak nadat agt gorillas in die San Diego Zoo Safari Park positief vir Covid-19 getoets het.

Die dieretuinamptenare het in ’n verklaring gesê die gorillas ondervind die algemene simptome wat met die virus geassosieer word. Die gorillas het vermoedelik die virus opgedoen deur kontak met ‘n asimptomatiese personeellid.

Die dieretuin het selfs voor die pandemie streng maatreëls gehandhaaf omdat gorillas biologies die naaste aan ’n mens is.

Lisa Peterson, uitvoerende direkteur van die San Diego Zoo Safari Park, het in die verklaring gesê hulle is nog nie seker of die diere enige addisionele simptome gaan hê nie. Peterson sê sover doen die gorillas baie goed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *