January 20, 2021

The Bachelor se Marc treur oor sy honde

Aanhangers stuur boodskappe van simpatie aan Marc Buckner, die The Bachelor-ster, op sy Instagram-profiel nadat hy aangekondig het Luna en Siobhan, sy twee geliefde honde, is dood.

Sy twee honde was glo deur ‘n motor doodgery. Luna en Siobhan was bekend op Instagram. Behalwe vir die feit dat hulle hul eie Instagram-profiel gehad het, het hulle alles saam met Buckner gedoen. Hy het onlangs ‘n foto opgesit waar een van sy honde op sy skoot sit terwyl hy sy hare by ‘n haarsolan laat sny.

Buckner het ook aan sy aanhangers gesê hy waardeer en lees elke boodskap wat aan hom gestuur word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *