January 20, 2021

Moslem-meisie se lang romp nie gepas vir skooldrag nie

Foto:Pixabay

ENGELAND. – Siham Hamud (12), ’n Moslem-meisie, se ouers word deur haar skool met regstappe gedreig oor haar afwesigheid. Die meisie se ouers weier om haar skool toe te stuur met een van die skool se bo-die-knie rompies en sê dit is teen haar geloof.

Volgens die Daily Mail het Hamud nog altyd ’n romp, wat tot by haar enkels hang, gedra. Volgens Hamud se pa is sy in 2020 vir ’n maand lank elke dag huis toe gestuur om die regte skooldrag aan te trek. Hamud het geweier om die kort romp te dra en het tuis gebly.

Die Hoërskool Uxbridge sê Hamud moet ’n swart broek of ’n swart romp dra wat slegs by die amptelike uniformwinkel gekoop kan word. Die pa verduidelik dat beide die voorgestelde uniforms teen die familie se geloofswaardes gaan. Die familie glo vrouens mag net lang rompe dra en die voorgestelde romp kom net tot onder die knie.

Hamud sê dit voel asof haar skool haar boelie as gevolg van haar geloof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *