January 20, 2021

Vrou doodgebrand na sy van heksery beskuldig word

’n Vrou (81) is na bewering met ’n byl gekap en in haar huis toegesluit, waarna die huis aan die brand gesteek is omdat sy van heksery beskuldig word.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, voel diegene wat geglo het sy is met heksery besig, moes die polisie gebel het in plaas daarvan om die wet in hul hande te neem. Volgens Hlathi is drie vrouens en ’n man in hegtenis geneem.

Die gemeenskap van Mbuzini, ’n dorpie tussen Suid-Afrika en Mosambiek, het glo gesien hoe die slagoffer “goed” oor iemand se eiendom sprinkel. Hulle het dadelik vir almal vertel ’n “heks” is gevang. Sy is daarna deur gemeenskapslede na haar huis geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *