Nege mense, insluitend ‘n baba, brand dood in gebou

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Nege mense, insluitend ‘n baba, het doodgebrand nadat ‘n brand vanoggend om 04:00 in ‘n verlate gebou, gevul met informele woonkonstruksies, ontstaan het.

Die baba is saam met sy/haar ma doodgebrand. Die ouderdom van die baba kon nog nie bepaal word nie, as gevolg van die ernstige graad van die brandwonde. Sewe van die nege mense het onherkenbaar verbrand. Verskeie ander mense het brandwonde opgedoen. Ander het frakture nadat hulle uit die brandende gebou gespring het.

Die dubbelverdiepinggebou het ongeveer 100 informele wooneenhede binne gehad. Dit is nog nie bekend hoe die brand ontstaan het nie, maar die voorval word ondersoek.

LEES OOK: Suid-Afrika skort die J&J-inentings op na kommer oor blondklonte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.