Verdagte in hof na hy glo man vermoor omdat hy gay is

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Verdagte (28) wat glo Andile Ntuthela vermoor het en sy lyk in ‘n vlak graf begrawe het, sal na verwagting in ‘n Oos-Kaapse hof verskyn. Daar word beweer Ntuthela is vermoor omdat hy gay was.

“Op 1 April 2021 het die familie ‘n saak van kwaadwillige saakbeskadiging by die polisie aangemeld na die verdagte glo beddegoed in sy huis verbrand het. Die familie het ook aangedui dat hulle agterdogtig was dat hy moontlik by ‘n ander kriminele aktiwiteit betrokke was,” het Priscilla  Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

Verdagte amper weer in hof

Volgens Naidu is die polisie toe na sy huis waar hulle na bewering bloedmerke in sy kamer gevind het.

Die verdagte was toe vir ‘n week weens sy geestestoestand in die hospitaal opgeneem. Hy is daarna in hegtenis geneem en aangehou weens kwaadwillige saakbeskadiging. Terwyl speurders hom ondervra het, het inligting na vore gekom rakende die moord op Andile Ntuthela. Op Saterdag 10 April 2021 is die polisie na die huis van die verdagte en die lyk van Ntuthela is glo in die tuin begrawe gevind.

Die verdagte het die eerste keer 12 April 2021 verskyn en sal na verwagting weer vir ‘n formele borgtogaansoek verskyn.

LEES OOK: Hondvriendelike vlugte – Jy en jou viervoetvriend kan nou saam vlieg

LEES OOK: Michayla (18) al 15 dae vermis, ‘Ek is nie kwaad vir haar nie’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.