Het jy al probeer om ‘n avokadobroodjie te bak? Hier is ‘n maklike resep vir dié interessante broodjie.
Bestanddele
2 koppies meel
1 1/2 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel koeksoda
1/2 teelepel sout
1/2 vanieljegeursel
1 teelepel suurlemoensap
1 groot, ryp avokado
3/4 koppie suiker
1/2 koppie volroommelk
1/2 koppie room
1 groot eier
Lees ook: Leerling neem glo eie lewe ná geboelie by skool
Metode
Voorverhit die oond tot 190°C. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout en sit eenkant. Maak die avokado goed fyn en gooi die suiker, vanieljegeursel, eier, room en melk by. Gooi dan die meelmengsel bietjie vir bietjie by en meng goed. Gooi dan die deeg in ‘n voorbereide pannetjie en bak tot goudbruin aan die buitekant.



