Leerlinge glo deur ‘bose geeste beset’

Die skoolhoof het op Facebook versoek dat mense nie vals nuus moet versprei nie, want die skool beleef ‘n uitdagende tyd.

Die Senior Sekondêre skool Ntsika in Makhanda is Dinsdag gesluit om verskillende pastore toe te laat om op die skoolterrein "eksorsisme" te doen. Dit nadat talle leerders snaakse simptome, insluitend ineenstorting en histeriese gille, begin toon het.

Die Senior Sekondêre skool Ntsika in Makhanda is Dinsdag gesluit om verskillende pastore toe te laat om op die skoolterrein "eksorsisme" te doen. Dit nadat talle leerders snaakse simptome, insluitend ineenstorting en histeriese gille, begin toon het. (Foto: Ntsika skool se facbook-blad)

OOS-KAAP. – Die Senior Sekondêre skool Ntsika in Makhanda is Dinsdag gesluit om verskillende pastore toe te laat om op die skoolterrein “eksorsisme” te doen. Dit nadat talle leerders snaakse simptome, insluitend ineenstorting en histeriese gille, begin toon het.

Volgens All4Women het die departement van onderwys in die Oos-Kaap gesê die graad 12-leerlinge, meestal meisies, het die snaakse gedrag begin toon tydens ‘n les wat Vrydag plaasgevind het.

Malibongwe Mtima, woordvoerder van die departement van onderwys, sê ambulanse, polisielede en maatskaplike werkers moes die leerders kalmeer. Die getal skoolleerders wat glo deur die “bose geeste” geaffekteer is, is onbekend.

“Die situasie was so chaoties, ouers moes hul kinders kom haal het. Na ‘n geruime tyd het die situasie bedaar. Gebede is gedoen en later is leerders huis toe gestuur. Die leerders is aangesê om eers Woensdag terug te gaan skool toe. Dit gee ouers en pastore ‘n kans om ‘n pad vorentoe te beplan,” het Mtima gesê.

Leerlinge ontvang hulp

Ouers en pastore is besig om by die skool te bid en ‘n “cleansing” te doen. Geen skoolleerlinge het beserings opgedoen nie. Madeleine Schoeman, hoof van die Senior Sekondêre Skool Ntsika, het ook op Facebook versoek dat mense nie vals nuus sal versprei nie. “Geagte lede, Ntsika beleef ‘n uitdagende tyd. Help ons asseblief deur kalm te bly en nie gerugte te versprei nie. ‘n Aantal kundiges is by die skool om raad te gee en te help.”

Lees ook: Twee Oseane-marathon vanjaar virtueel vir liefdadigheid

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: