Black Lives Matter se medestigter koop $1.4 miljoen se huis in ‘wit distrik’

Deel hierdie storie / Share this story

LOS ANGELES. – Die medestigter van Black Lives Matter, Patrisse Cullors (37), het ‘n huis van $1,4 miljoen in Los Angeles in ‘n “wit” distrik gekoop.

In die nuutste sensus is bekendgemaak dat 88% van die inwoners in die distrik wit en 1,8% swart is. Die bekendmaking van dié getalle het mense aan die praat gehad.

Black Lives Matter se huis los vra uit

Die huis is ‘n drieslaapkamer- en driebadkamerhuis in Topanga Canyon, kompleet met ‘n aparte gastehuis en ‘n groot agterplaas. Daar word berig dat Black Lives Matter verlede jaar $90 miljoen se donasies gekry het. Dit is nie duidelik of Cullors deur die organisasie betaal word nie, aangesien die beweging se finansiële sake ondeursigtig is.

Black Lives Matter het as ‘n hashtag begin in reaksie op die vryspraak van George Zimmerman in die 2012-skietery op Trayvon Martin.

LEES OOK: Nege mense, insluitend ‘n baba, brand dood in gebou

LEES OOK: Suid-Afrika skort die J&J-inentings op na kommer oor blondklonte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.