Klag gelê na polisiebeampte glo wapen op tieners rig en beveel om petrol te drink

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Daar is ‘n klag teen ‘n polisiebeampte gelê wat glo sy vuurwapen op twee tieners gerig het en hulle aangesê het om petrol te drink nadat hy hulle van diefstal beskuldig het.

SABC-nuus berig die beampte beweer die tieners het van sy huis in Savannah-park gesteel. Die KwaZulu-Natalse departement van maatskaplike ontwikkeling het intussen ook by die saak betrokke geraak.

LEES OOK: Nege mense, insluitend ‘n baba, brand dood in gebou

Die beampte het die kinders opgespoor na aanleiding van die beweerde diefstal en glo sy diensvuurwapen op hulle gerig en gedwing om petrol te drink. Nonhlanhla Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, sê die kinders is getraumatiseer.

Daar is ‘n klag teen die beampte by die Marianhill-polisiekantoor gelê.

LEES OOK: Suid-Afrika skort die J&J-inentings op na kommer oor blondklonte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.