Ma van die bruidegom ontdek haar skoondogter is haar verlore dogter

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA. – Almal was geskok toe die ma van die bruidegom by ‘n onlangse troue in Suzhou voor die seremonie ‘n bekende geboortevlek op haar toekomstige skoondogter opmerk.

Dit het gelyk soos ‘n merk wat haar eie kind gehad het voordat sy twee dekades gelede verdwyn het. Die ma het moed bymekaargeskraap om die ouers van die bruid te vra of hul dogter aangeneem is.

Moeder van die bruidegom hoor die geheim

Die ouers van die bruid wou eers niks weet nie. Hulle het toe wel later met die jarelange geheim uitgekom en erken dat hulle dogter wel aangeneem is. Die ma van die bruidegom het toe aan die familie van haar vermoedens vertel.

Wat van die troue?

Foto’s waarop die dogter en haar ma herenig is, het sosialemediagebruikers in trane gehad, maar ook vele vrae in die lug laat hang. Wat het van die troue geword?

Die storie het omtrent ‘n buitengewone draai gemaak toe die ma van die bruidegom erken het haar seun is nie haar biologiese seun nie, maar ook aangeneem. Die troue kon aangaan en die vrou se aangenome seun het toe haar skoonseun geword.

LEES OOK: Hunter: ‘Ek het dwelms by ‘n hawelose gekoop wat by my kom bly het’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.