Dokters en verpleegster geskors ná amputering van baba se handjie

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Drie dokters en ‘n verpleegster van die Bernice Samuel-hospitaal op Delmas is geskors na ‘n drie weke oue babatjie se hand geamputeer is weens “komplikasies” by dié staatshospitaal.

Sibongile Mkani-Mpolweni, woordvoerder vir die premier van Mpumalanga, het aan Netwerk24 gesê die personeel is geskors hangende ‘n ondersoek oor die voorval. Hy het verder gesê ‘n verslag word in volgende week verwag.

Lees ook: Ma, pa en gestremde dogter in plaasaanval aangerand

FiND iT het voorheen berig die baba is vroeër in die hospitaal op Delmas opgeneem vir diarree. Sy is toe later na die Witbank-hospitaal oorgeplaas waar haar handjie geamputeer is ná daar “komplikasies” by die hospitaal op Delmas voorgekom het.