MOKOPANE. – Die begrafnis van AJ Nieman sal om 10:00 op Dinsdag 20 April 2021 by die Potgietersrus-begraafplaas plaasvind.
Die begrafnis word deur El Shaddai Funerals geborg.
Lees die vorige artikel hier.
Boodskap van die familie
“Dit is moeilik om te beskryf hoeveel u gebaar van ondersteuning in ons tyd van nood vir ons beteken. Om in die toekoms mooi herinneringe te mag hê van die mense wat saam met ons gebid het, vir AJ gebid het , ons gedra het met gebede en bemoediging. Dit is vir ons ’n onmeetbare troos dat ons nie alleen in ons hartseer is nie.
Dankie vir die boodskappe van medelye.
Dit is slegs met die hulp van die wonderlike mense in ons lewens wat ons hierdeur kan kom.”
Hester, Hennie, Herman en Sonet





