Geniet hierdie resep vir heerlike en interessante kerrie-en-piesang-frikkadelle.
Frikkadelle:
2 dik snye witbrood
125 ml karringmelk
1 kg maer maalvleis
1 ui, gerasper
1 eier
12,5 ml blatjang
2 ml kerriepoeier
2 ml neutmuskaat
2 ml naeltjies
sout en peper
koekmeelblom
Lees ook: Avokadobroodjie – Resep
Sous:
25 ml margarien of botter
4 groot uie, gekap
25 ml koekmeelblom
125 ml asyn
15 ml suurlemoensap
750 ml water
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
37,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml blatjang
10 ml suiker
6 ryp piesangs
Metode vir frikkadelle:
Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die frikkadelbestandele, behalwe die koekmeelblom. Vorm frikkadelle, rol dit in die koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n deksel. Voorverhit
die oond tot 190°C (375°F).
Metode vir sous:
Verhit die margarien of botter in ‘n kastrol en die braai die ui daarin tot sag. Meng al ander bestanddele, behalwe die
piesangs, en roer by die uie. Snipper nou twee van die piesangs en roer dit by die sous. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is.
Sny die ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous bo-oor, bedek en bak 1½ – 2 uur tot gaar.
Bron: Food Lovers Recipes, Voortrekker Resepte
Lees ook: 7 min. sjokoladekoek in mikrogolfoond



