MPUMALANGA. – Tussen vyf en sewe gewapende aanvallers het Fanie en Susan Gouws en hulle gestremde dogter op 13 April op hulle plaas in die Grootvlei-area in Mpumalanga aangeval.
Die drie is erg op hulle plaas, Klipfontein, met ‘n staalpyp aangerand en vasgebind.
Die aanvallers het glo toegang tot die plaashuis gekry en die gesin se hond doodgeskiet. Hulle wou geld en vuurwapens hê.
Lees ook: Leerling neem glo eie lewe ná geboelie by skool
Die gesin het ernstige beserings in die aanval opgedoen.
Die aanvallers het te voet gevlug ná hulle vir iets geskrik het. Susan kon haarself loswikkel en het om hulp gaan soek.
Fanie is in die hospitaal opgeneem met ernstige kop- en lyfbeserings.
Lees ook: Baba se handjie geamputeer ná probleme by staatshospitaal
Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.
Inligting verskaf deur: Oorgrens Veiligheid



