Polisie soek verkragtingsverdagte

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die polisie in Gqeberha is op soek na ’n verdagte wat glo ’n 11-jarige meisie verkrag het. Hulle vra die hulp van die gemeenskap om hom op te spoor.

LEES OOK: Wat as jou geliefde nie meer vir jou lief is nie?

Verkrag in begraafplaas

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het in die G-West in die Walmer-omgewing geloop toe die verdagte haar gekonfronteer het. “Volgens die slagoffer het hy haar na die begraafplaas geneem waar hy haar na bewering verkrag het.”

Die verdagte het die slagoffer se trui geneem en sy eie op die toneel vergeet.

Verdagte is lig van kleur

Die verdagte is skraal, lank en is in sy laat 20’s. Hy het kort hare aan die kante van sy kop en dreads in die middel. Hy is lig van kleur en het ’n litteken aan die kant van sy kop.

Enigiemand wat die polisie kan help om die verdagte op te spoor of hom herken, kan konst. Babalwa Ramba by 071 475 1737 kontak.

LEES OOK: Polisie gee wenke teen boelies