Paramoksivirus en newcastle-siekte: oorsaak van wilde voëls se dood

Die siekte word nie maklik na mense oorgedra nie.

Die DBV het die karkasse vir toetse gestuur en die resultate het bevestig dat die voëls dood is van Avian Paramyxo-virus en Newcastle-siekte.

Die DBV het die karkasse vir toetse gestuur en die resultate het bevestig dat die voëls dood is van Avian Paramyxo-virus en Newcastle-siekte. (Foto: Bird SA)

OOS-KAAP.- Die oorsaak van die dood van wilde voëls wat in Maart in massas gesterf het, is vasgestel. Talle mense was bekommerd oor die hordes voëls wat oral dood gelê het. Die DBV het die karkasse vir toetse gestuur en die resultate het bevestig dat die voëls dood is van paramoksivirus en newcastle-siekte.

Volgens The South African het die Oos-Kaapse departement van landelike ontwikkeling en landbouhervorming die toetsuitslae Dinsdag bevestig. Die toetse is gedoen deur die Onderstepoort Veeartsenykundige Navorsingsfakulteit. (OVR).

Moet ons bekommerd wees oor die paramoksivirus en newcastle-siekte?

Paramoksivirus, wat algemeen is in baie lande, is na bewering ‘n virale infeksie wat vinnig kan versprei en ‘n hoë voorkoms an siektes en sterftes in duiwe kan veroorsaak.

Menslike infeksie is skaars en kan slegs voorkom by mense wat in noue kontak met besmette voëls is. Dit sal griepagtige simptome veroorsaak.

Tekens dat ‘n voël die virus het, sluit in: lusteloosheid, braking, groen diarree, draai van die nek, sirkeling, moeisame asemhaling en tranerige oë.

Siek voëls kan binne drie dae vrek.

Lees ook: Leerlinge glo deur ‘bose geeste beset

Newcastle-siekte is ‘n gevaarliker stam van die paramoksivirus en affekteer pluimvee en ander voëls. Dit is ‘n wêreldwye probleem wat akute asemhalingsiekte veroorsaak. Eienaars word aanbeveel om hul voëls in te ent met die geregistreerde inenting vir newcastle-siekte. Kontak met wilde voëls moet ook vermy word.

Lees die vorige berig hier: Wilde voëls sterf in massas – DBV waarsku

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: