Beampte vrygelaat op borg wat Wright (20) glo ‘per ongeluk’ doodskiet

Deel hierdie storie / Share this story

MINNEAPOLIS. – Die vroulike beampte, wat Daunte Wright (20) glo “per ongeluk” doodgeskiet het in plaas daarvan om haar skokstok te gebruik, is op borgtog vrygelaat nadat sy vanoggend in hegtenis geneem is.

Ure nadat die beampte in hegtenis geneem is vir die skietdood van Wright is sy uit die gevangenis van Hennepin County op borgtog van $100,000 vrygelaat. Die regter wat haar saak lei, het haar ook die opsie gegee om borgtog van $ 50 000 te aanvaar as sy sou instem om haar paspoort, gewere en ammunisie op te gee en in Minnesota te bly, berig The New York Times.

Beampte vir eers vrygelaat, maar verskyn môre

Daar word verwag dat sy môre in die hof op aanklag van tweedegraadse moord sal verskyn.

Wright is op 11 April 2021 glo per ongeluk doodgeskiet toe hy deur die polisie afgetrek is. Daar word beweer die polisie wou hom in hegtenis neem omdat daar glo uitstaande lasbriewe teen hom was. Dis toe dat Wright glo geweier het en terug in sy motor wou klim. Daar word beweer die beampte wou haar skokstok gebruik toe sy hom per ongeluk geskiet het.

LEES OOK: Black Lives Matter se medestigter koop $1.4 miljoen se huis in ‘wit distrik’

LEES OOK: Suid-Afrika skort die J&J-inentings op na kommer oor blondklonte

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.