Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 561 559 mense in S.A. het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 1 599 persone positief getoets.
Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 75 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 53 498.
Daar is ook 1 486 873 persone wat van die virus genees is.
Daar is tans 21 188 aktiewe positiewe gevalle van die virus in SA.



