Bewaarder afgedank wat in beweerde seksvideo verskyn

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die vroulike bewaarder wat in die beweerde seksvideo saam met ‘n gevangene gesien kan word, is afgedank.

Singabakho Nxumalo, departement van korrektiewe dienste se woordvoerder, sê die vrou is reeds Vrydagl afgedank.

Bewaarder afgedank en gevangene ook gestraf

Nxumalo sê die uitkoms volg na ‘n dissiplinêre proses wat ingestel is na aanleiding van die voorval. Hy sê verder in ‘n verklaring die betrokke gevangene is ook geen genade ontsien nie, want hy is herklassifiseer in die maksimum-kategorie. Hy het voorregte verloor en is na ‘n ander fasiliteit geskuif.

LEES OOK: Pa vergiftig sy twee kinders met rottegif

”Die departement van korrektiewe dienste wil herhaal dat sameswerings en ander vorme van seksuele aktiwiteite of onwettige romanse tussen amptenare en gevangenes nooit toegelaat of geduld gaan word nie.”

‘n Tweede bewaarder, in wie se kantoor die voorval glo gebeur het, is ook afgedank. Sy het glo ingestem dat die twee haar kantoor gebruik.

Die beweerde seksvideo het vier weke gelede uitgelek en was oral op sosiale media gedeel.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.