Wilde voëls sterf in massas – DBV waarsku

Dooie wilde voëls moenie aangeraak word nie.

OOS-KAAP. - 75 wilde voëls wat in Qonce dood gevind is, het die DBV bekommerd. Nog 'n onbekende getal dooie wilde voëls is in Oos-Londen gevind. 'n Waarskuwing is uitgestuur dat geen mens 'n dooie voël of hoender moet aanraak nie. en nog 'n onbkende getal wilde voëls in Oos-londen, gesterf het laat die DBV en Buffalo City Metro Health bekkomerd.

OOS-KAAP. - 75 wilde voëls wat in Qonce dood gevind is, het die DBV bekommerd. Nog 'n onbekende getal dooie wilde voëls is in Oos-Londen gevind. 'n Waarskuwing is uitgestuur dat geen mens 'n dooie voël of hoender moet aanraak nie. (Foto: The Guardian)

OOS-KAAP. – 75 wilde voëls wat in Qonce dood gevind is, het die DBV bekommerd. Nog ‘n onbekende getal dooie wilde voëls is in Oos-Londen gevind. ‘n Waarskuwing is uitgestuur dat geen mens ‘n dooie voël of hoender moet aanraak nie.

Volgens All4Women het die DBV bevestig vyf henne, ‘n haan en ‘n gans is Maandagoggend dood gevind. Die diere was Sondag nog in ‘n goeie toestand.

Annette Miller, assistent-bestuurder en inspekteur van die DBV sê: “Ek is nou bekommerd, want dit is huishoudelike hoenders wat geraak word. By die DBV voer ons ook wilde voëls. So dit is moontlik dat wanneer die wilde voëls kom eet, hulle die siekte gebring het wat ons voëls aangetas het.”

Die DBV en Buffalo City Metro Health het ‘n waarskuwing uitgestuur om nie voëls of hoenders wat doodgaan op te tel nie.

Miller sê: “Op Maandag 5 April het ek ‘n dokter in Ntabankulu by die staatsveeartsafdeling gekry en hulle het vanoggend 7 April ‘n tegnikus vir dieregesondheid gestuur om karkasse te gaan haal wat hulle sal laat toets.”

Sy het gesê dit is vreemd dat die hoenders en die gans op dieselfde tyd dood is.

Voëls lê dood op strate, balkonne en skoolvelde

Die afgelope drie weke het inwoners van die metro berig voëls lê dood op straat, op balkonne en skoolvelde. Wat ookal die dood van talle wilde voëls veroorsaak het, dit het reeds versprei na Gqeberha en St Francis Bay. Neville Ganes van Neville’s Snake and Reptile Rescue sê die simptome wat siek voëls toon, sluit die onvermoë om te vlieg, mankheid, verlies aan balans, disoriëntasie, moeisame asemhaling en opgepoftheid in.

Die wildevoëlsterftes kan veroorsaak wees deur klimaatsverandering, lugbesoedeling en talle ander redes, maar ondersoek word ingestel.

Gedink wilde voëls sterf dalk weens gif

Ganes sê hy het eers vermoed die wilde voëls was vergiftig, maar soos meer voorvalle gerapporteer word oor ‘n wyer area, hoe meer vermoed hy dis ‘n siekte-uitbraak.

Sandula Conservation-eienaar Mark Marshall sê hy sal die publiek op hoogte hou van die resultate van die toetse. Tot dan moet die publiek ‘n masker en handskoene dra wanneer hulle ‘n dooie voël verwyder.

Die publiek word ook gevra om nie verder wilde voëls te lok deur hulle te voer nie.

Lees ook: DBV lê klag teen Bloemfontein-dieretuin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *