Man verlaat Pornhub toe hy ‘die een’ ontmoet

Sy is die rede hoekom ek ophou kyk.

Man verlaat Pornhub toe hy "die een" ontmoet

Man verlaat Pornhub toe hy "die een" ontmoet Foto: DW

’n Intekenaar op die bekende pornografie-webwerf, Pornhub, het harte sag gemaak met sy boodskap toe hy besluit om sy subskripsie te kanselleer nadat hy die vrou van sy drome ontmoet het.

Internet- en Pornhub-verbruikers het almal hartroerend en positief reageer op die man se boodskap.

LEES OOK: Onskuldige man vry na 38 jaar agter tralies

Hier is die boodskap wat hy geplaas het:

“Manne, ek is nie hier om te kyk nie, maar eerder om my aftrede aan te kondig. Ek het uiteindelik die een vir my ontmoet. Sy is skitterend, mooi en lojaal. Dit voel net nie meer vir my reg om hier te wees nie. Dit voel of ek haar verneuk. Ek kan elke dag nie glo hoe gelukkig sy my maak nie. Dit is die rede hoekom ek ophou kyk. Ek hoop almal wat hier is, vind eendag dieselfde geluk.”

LEES OOK: Polisie soek verkragtingsverdagte

Wat dink jy van hierdie man se mooi gebaar?

Lees sy oorspronklike boodskap hier:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *