Nooddiens-personeellid dood langs pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Nooddiens-personeellid (48) is op 15 April 2021 dood langs sy reaksievoertuig op die R76 Lindley-pad gevind. Die man is op die grond agter die voertuig met vyf koeëlwonde aan die agterkant van sy kop gevind.

LEES OOK: Kyk hier na prins Philip se begrafnis

Sleutels nog in voertuig

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van moord. “Die voertuig is gevind met die hoofligte steeds aan en die sleutel was binne-in die voertuig. Die oorledene was nie in uniform nie, maar is geïdentifiseer as ‘n lid van Bethlehem se mediese nooddienste.”

Motief nog nie bekend

Die motief agter die moord is nog nie vasgestel nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Enige persoon met inligting kan kapt. Screamer Tshabalala by 0824530794 kontak.

LEES OOK: Hond wat harte steel, kry kos vir ’n jaar