LONDEN. – Prins Philip (99), die ontslape hertog van Edinburgh en eggenoot van die Britse koningin Elizabeth II, sal ’n privaat begrafnis agter geslote deure van die Windsor-kasteel hê.
LEES OOK: Hond wat harte steel, kry kos vir ’n jaar
Geen groot ophef
Volgens Maroela Media, het prins Philip versoek dat geen groot ophef van sy begrafnis gemaak word nie. Sy kis, wat met sy persoonlike vlag gedrapeer sal word, sal vanaf St. George-kapel na Windsor-kasteel met ’n elektriese Land Rover vervoer word.
Omgewingsvriendelike begrafnis
LEES OOK: Man verlaat Pornhub toe hy ‘die een’ ontmoet
FiND iT het vroeër berig dit was prins Philip se wens om ’n omgewingsvriendelike begrafnis te hê.
Prins Philip word beskou as een van die eerstes wat die aandag op klimaatsverandering gedurende die vyftigerjare gevestig het.
Weens die Covid-19-regulasies sal sleg 30 mense die begrafnis bywoon.
Die begrafnis sal regstreeks op Saterdag 17 April om 16:00 uitgesaai word.
Hier kan jy na die regstreekse uitsending van die begrafnis kyk:



