Sekuriteitswag by hospitaal glo papdronk aan diens

Deel hierdie storie / Share this story

GRABOUW. – ’n Video doen die rondte op sosiale media van ’n sekuriteitswag by die Grabouw-daghospitaal wat skynbaar papdronk aan diens was. Die vallende sekuriteitswag kon nie pasiënte toegang tot die perseel gee nie omdat sy glo nie op haar voete kon staan nie.

LEES OOK: 15 Jaar vir ontvoering en mensehandel van 14-jarige

Chaos by hospitaal

Dit was verlede naweek chaos by die hospitaal toe pasiënte nie gehelp kon word nie. In die video, wat deur ’n pasiënt geneem is, kan mens hoor hoe iemand sê: “Ons mense lê op die vloere daar binne. Ons mense kan nie gehelp word nie, want kyk hoe lyk die security.”

Volgens Die Son, is die departement van gesondheid bewus van die voorval, maar die sekuriteitswag werk vir ’n buitemaatskappy. Die maatskappy is ook in kennis gestel. “’n Interne ­ondersoek word gevolg, asook ’n dissiplinêre proses,” volgens die departement.

LEES OOK: Instagram-wenk vir die dag

Kyk die video hier: