Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 566 769 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 1 089 persone positief getoets.
Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 25 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 53 736.
Daar is ook 1 490 143 persone wat van die virus genees is.



