SANW gereed om Tafelberg-brande te help bestry

“Die hoeveelheid mense wat steeds by Tafelberg probeer uitkom, is ‘n groot bekommernis.”

SANW gereed om Tafelberg-brande te help bestry (Foto: MSN)

SANW gereed om Tafelberg-brande te help bestry (Foto: MSN)

KAAPSTAD. – Die brand in Kaapstad is in bedwang gebring. Alhoewel dit nog nie heeltemal geblus is nie, is die ergste vlamme onder beheer.

SANW se lugdienste is ook nou gereed en beskikbaar om te help met die brande.

Anton Bredell, die minister van plaaslike regering, omgewingsake en beplanning in die Wes-Kaap, sê die SANW is Maandagoggend in gereedheid gebring.

Lees ook: Tafelberg-brande: Historiese geboue vernietig

“Op die oomblik is die wind te sterk vir die helikopters om nou te vlieg. Sodra die weer dit toelaat, sal die lugdienste in die lug wees.”

Verder versoek Bredell die publiek om met die owerhede saam te werk in die stryd teen die brande. “Die hoeveelheid mense wat steeds by Tafelberg probeer uitkom, is ‘n groot bekommernis. Ons vra almal om asseblief weg te bly van die berg totdat die vuur heeltemal geblus is.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: