Vermeende verkragter op vrye voet

Die polisie is op soek na dié man wat moontlik met die ondersoek kan help.

OOS-KAAP. – Die polisie is op soek na ‘n man wat kan help met ‘n verkragting-ondersoek nadat twee vroue in November verlede jaar hier verkrag is.

LEES OOK: ‘Vermiste’ vrou verskyn in hof vir kinderverwaarlosing

In bosse ingestamp

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê twee vroue van 17 en 21 jaar oud was op 6 November 2020 op pad na die Eziphunzana- informele nedersetting toe ‘n onbekende man hulle by die Baartman-kerk se robot genader het.
“Hy het ‘n mes uitgehaal en hulle selfone en geld geëis voordat hy hulle in die nabygeleë bosse ingestamp het en altwee vroue verkrag het. Hy het gedreig hy gaan hulle doodmaak.”

Vermoedelik in sy 20’s

Tonjeni sê die polisie is op soek na ‘n man wat kan help met die ondersoek. Die man is lank en het ‘n snor. Hy is vermoedelik in sy 20’s met ‘n oorbel in sy regteroor en ‘n snymerk op sy linkerwang.

Enigiemand met inligting rakende die voorval of die verdagte kan vir sers. Mahlanza by 0798968595 skakel.

Die polisie-ondersoek duur voort.

LEES OOK: Sekuriteitswag by hospitaal glo papdronk aan diens

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: