‘Vermiste’ vrou verskyn in hof vir kinderverwaarlosing

Sy het gesien die ma het verdwyn.

‘Vermiste’ vrou verskyn in hof vir kinderverwaarlosing

‘Vermiste’ vrou verskyn in hof vir kinderverwaarlosing Foto: Polisie

NELSPRUIT. – ’n Vrou (23) wat op 13 April 2021 as vermis aangemeld is, sal vandag in die Bushbuckridge-landdroshof op ‘n aanklag van kinderverwaarlosing verskyn.

LEES OOK: Sekuriteitswag by hospitaal glo papdronk aan diens

As vermis aangemeld

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die vrou het tussen Vrydagaand 9 April en Saterdagoggend 10 April verdwyn en haar drie kinders van vyf jaar, vier jaar en nege maande agtergelaat. Die vrou se ma, wat ook in die huis bly, het wakker geword van die baba se gehuil. “Sy het gaan kyk hoekom die baba huil en het gesien die ma het verdwyn. Toe die familie haar nie kon opspoor nie, het hulle haar op Dinsdag 13 April as vermis aangemeld.”

In taverne gevind

Sy is Vrydag 16 April 2021 in ’n taverne gevind, nadat lede van die publiek inligting aan die polisie verskaf het. Sy is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing.

LEES OOK: Twee dogtertjies in huisbrand dood

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: