Piet Retief-skietery: Verdagte sê hy is aangerand

Malan sê hy het geen skote afgevuur daardie dag nie en sal onskuldig pleit.

Piet Retief-skietery: Verdagte sê hy is aangerand (Foto: Daily Friend)

Piet Retief-skietery: Verdagte sê hy is aangerand (Foto: Daily Friend)

PIET RETIEF. – Vyf verdagtes het vandag in die Piet Retief-landdroshof in Mpumalanga ná die skietery wat op 9 April op ‘n plaas in die Dirkieskop-omgewing plaasgevind het, verskyn.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van moord op die broers Zenzele en Amos Coka.

Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (52) en Ignatius Michael Steynberg (31) het vandag in die hof verskyn.

Betogers het voor die hof bymekaargekom. Die polisie was ook teenwoordig.

Lees die vorige berig hier.

Werner Potgieter, die sesde verdagte, is nog in die hospitaal.

Na wat berig word, het Malan in die hof aangevoer hy het nie ‘n skoot afgevuur nie. Hy sê hy het by die plaas aangekom ná daar op WhatsApp-groepe gevra is vir hulp. Betogers het glo by die plaas opgedaag en die eienaar met pype geslaan. Twee “aggresiewe” mans het volgens Malan toe op die plaas aangekom en hulle het hom ook bewusteloos geslaan.

Malan sê hy het geen skote afgevuur daardie dag nie en sal onskuldig pleit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: