AMERIKA. – Ouers vrees die gevaar van dié oefenmasjien nadat skrikwekkende oomblikke op video vasgevang is wat wys hoe ‘n kleuterseuntjie onder ‘n trapmeul (treadmill) ingetrek word.
In die video wys dit hoe die seun onder die masjien ingetrek is nadat hy met ‘n pienk bal naby die hardloopmasjien begin speel het. Nadat hy per ongeluk aan die band van die masjien raak, word sy arms vinnig onder ingetrek, terwyl hy sukkel om los te kom.
Skrikwekkende oomblikke het ouers bekommerd
Hy probeer homself dan loswikkel, maar word daarna weer ingetrek deur die masjien wat stadig sy kop en bolyf onder die bewegende loopband intrek.
Na ‘n paar minute wikkel hy hom suksesvol los en loop weg.
Volgens Nzherald.co.nz het Peloton Treadmill in ‘n verklaring gesê daar is geen rede om op te hou om hierdie gimnasiumtoerusting te gebruik nie, solank kinders en troeteldiere weggehou word en dit is afgeskakel as dit nie gebruik word nie. Verder lui die verklaring hulle bou al hulle masjiene met veiligheid as die hoofdoel.
LEES OOK: KYK – Stapper probeer wegkom van vuur op Tafelberg
LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



