Vier in hof na twee werkers op plaas doodgeskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

PIET RETIEF. – Vier mans, insluitend ‘n boer en sy seun, verskyn vandag in die landdroshof op Piet Retief na twee werksoekers in die Mkhondo-omgewing verlede week op ’n plaas doodgeskiet is.

Volgens Donald Mdhludi, polisiewoordvoerder, het ’n groep mans Vrydag op ’n plaas gaan werk soek toe die boer aan hulle gesê het dat hulle nie op die plaas welkom is nie. Een van die mans het toe op die plaas agtergebly en toe die ander later terugkeer om na hom te soek, het daar ’n skietery uitgebreek. “Twee persone is doodgeskiet en drie ander is beseer.”

Lees ook: Bekende kletsrymer se verloofde val na haar dood

Robert Kubheka, woordvoerder vir die Mkhondo-munisipaliteit in Mpumalanga, het ‘n verklaring oor die voorval uitgereik. Zenzele Joel Coka en Mgcini Amos Coka is volgens Kubheka die twee mans wat op 9 April dood is.

Kubheka sê die voorval het op Pampoenkraal plaasgevind.

FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer. Hou FiND iT dop vir meer opvolginligting.

Lees ook: Man deel sy geboortefoto’s om transgeboortes te normaliseer

‘n Skare het vanoggend voor die hof bymekaargedrom.