’n Lekker, gesonder opsie vir wanneer jy lus is vir iets soet. Dit is maklik en vinnig gereed.
LEES OOK: Pastoor sê vroue moet maer en mooi bly sodat mans nie moet rondloop nie
Bestanddele:
- appels
- sjokolade van jou keuse
- 1 teelepel klapperolie
- karamelsous
- pekanneute
Metode:
- Sny appels in groot skywe.
- Sny ’n klein gleuf in elke skyf en sit ’n roomysstokkie in elke gleuf.
- Smelt sjokolade saam met klapperolie in die mikrogolf.
- Druk appelskywe in die sjokolade tot heeltemal bedek en plaas in die yskas vir sjokolade om te verhard.
- Drup dan karamelsous oor.
- Druk pekanneute fyn en gooi bo-oor.
- Geniet.
LEES OOK: Tegnologiewenk vir die dag



