KWAZULU-NATAL. – ‘n Verlamde boer, Neil McKay (46), se liggaam is die naweek in sy rolstoel met sy hande glo agter sy rug vasgemaak, gevind.
”Daar word beweer die liggaam van McKay is Saterdag om 10:15 met wurgmerke aan sy nek op ‘n plaas in Winterton gevind,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.
Meer inligting oor die voorval is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.
Verlamde boer se tweede plaasaanval
Alf Lees, die DA se kiesafdelingshoof in Uthukela, sê McKay het 20 jaar gelede ‘n plaasaanval oorleef, maar hy was sedert die voorval in ‘n rolstoel.
“Dit wil voorkom asof die vermeende plaasaanvallers gewag het tot McKay alleen was. Hulle het na bewering eers al die goed uit die kluis gesteel. Daarna het hulle McKay glo na sy slaapkamer gesleep waar hulle hom wreedaardig doodgewurg het,” sê Lees in ‘n mediaverklaring.
Gwala sê ‘n saak van moord word deur die Winterton-polisie ondersoek.
LEES OOK: Kleinseun in hof na hy glo ouma verkrag
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



