Bekende kletsrymer se verloofde val na haar dood

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Kiernan Forbes, die kletsrymer wat as AKA bekendstaan, se verloofde het Sondagmiddag van die luukse Pepperclub-hotel in Kaapstad se 10de verdieping na haar dood geval.

Die polisie was omstreeks 14:00 op die toneel.

AKA en Anele Tembe het op 21 Februarie vanjaar verloof geraak.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, was die nooddienste om ongeveer 08:00 Sondagoggend op die toneel.

Lees ook: Man deel sy geboortefoto’s om trans-geboortes te normaliseer

Herbst sê sy het op die teer geval en was in ‘n kritieke toestand toe die paramedici op die toneel opdaag.

“Sy is op die toneel behandel en terwyl sy gestabiliseer is, het haar toestand baie skielik verswak en sy is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Owerhede ondersoek die omstandighede wat tot die val gelei het.

Lees ook: Wenke vir borsvoeding