Man gryp glo seun en hardloop weg

Deel hierdie storie / Share this story

WINDHOEK. – ’n Onbekende man het glo Sondag 18 April 2021 ’n tweejarige seun gegryp en met hom weggehardloop terwyl sy oom, wat hom oppas, ’n baadjie in die huis gaan haal het.

LEES OOK: Warrenton-hospitaal weier glo om diabeet met abses te help

Oom roep om hulp

Volgens The Namibian het die oom by die huis uitgekom en gesien hoe die verdagte met die nefie weghardloop. Hy het hom agternagesit terwyl hy om hulp geroep het.

Die man is by die rivierbank vasgekeer en het die seun laat gaan. Gemeenskapslede het die oom gehelp om die man aan te hou totdat die polisie opgedaag het.

Saak van ontvoering geopen

Nikolaus Kupembona, adjunk-kommissaris van die polisie, het aan The Namibian bevestig ’n saak van ontvoering is geopen.

LEES OOK: Lewenslank vir man wat tiener verkrag het