Lewenslank vir man wat tiener verkrag het

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – Molahlehi Ramatekwane (49) is in die Edenburg-streekhof ‘n lewenslange vonnis opgelê toe hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n tienermeisie.

LEES OOK: Kyk! Video wys spoorwegwerker red kind voor trein tref

Voorgegee om met slagoffer te speel

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê op 16 September 2018 omstreeks 19:00 het die 14-jarige slagoffer met ’n bal in die straat gespeel. Op pad huis toe het sy die beskuldigde ontmoet wat voorgegee het om met haar met die bal te speel voordat hy dit in ’n nabygeleë vervalle huis geskop het.

Lid van gemeenskap kom tot slagoffer se redding

“Albei het die huis binnegegaan om na die bal te soek, waarna die beskuldigde die slagoffer verkrag het. ’n Lid van die gemeenskap het tot die meisie se redding gekom.”

Die beskuldigde is deur die gemeenskap aangehou en uiteindelik deur die polisie in hegtenis geneem.

Die DNS-uitslae het die voorval bevestig en die ooggetuie het ook toelaatbare getuienis voor die hof gelewer wat die saak help versterk het.

LEES OOK: Buddy snuffel 56 verdagtes en dwelms ter waarde van R31 716 500 uit