DURBAN. – ‘n Vragmotorbestuurder is dood nadat hy by die voorruit van ‘n vragmotor uitgeslinger is.
Arrive Alive berig nooddienste op die toneel het gesien ‘n vragmotor met sy sleepwa het omgeslaan toe dit in ‘n versperring vasgery het.
Vragmotorbestuurder dood verklaar
Met verdere ondersoek is dit vasgestel dat die bestuurder van die voertuig tydens die botsing deur die voorruit oor die brug na die snelweg geslinger is. Die man het noodlottige beserings opgedoen en hy is met die paramedici se aankoms dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek.
LEES OOK: Vrou gesoek vir beweerde bedrog
LEES OOK: Fietsry-ongeluk – pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



