Buddy snuffel 56 verdagtes en dwelms ter waarde van R31 716 500 uit

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Buddy, ’n snuffelhond wat aan die Wes-Randse polisiehonde-eenheid in Roodepoort geskenk is, het alle verwagtinge oortref toe hy een van die belangrikste wapens in die stryd teen dwelms in Gauteng geword het.

LEES OOK: Moordverdagte kry R1 000 borg

Snuffel dwelms en verdagtes uit

Die afgelope ses maande was Buddy verantwoordelik vir die inhegtenisneming van 56 verdagtes en die beslaglegging op dwelms ter waarde van R31 716 500.

Van die hoogtepunte in sy loopbaan die afgelope maande was die beslaglegging op dwelms wat dwelmsmokkelaars uit Suid-Afrika na lande soos Australië, Nieu-Seeland, Griekeland en Nederland probeer smokkel het.

Die dwelmsmokkelaars het die dwelms in storieboeke, klere, grimering en kunswerke verberg.

Net ’n plesier om saam met Buddy te werk

A.o. Wiese sê dit is uiters bevredigend om saam met Buddy te werk vanweë sy blote entoesiasme, dryfkrag en vaardigheid. “Mag Buddy ’n groot toekoms in die SAPD se diens hê en so ’n positiewe bydrae lewer.”

LEES OOK: iPhone wenk van die dag