POTCHEFSTROOM. – Molefe Motsie (36) het Maandag 19 April 2021 in die landdroshof op Mmabatho op aanklag van moord verskyn en is borgtog van R1 000 toegestaan.
LEES OOK: Hoe om na jou kinders se tande om te sien
In hegtenis
Sers. Lesedi Dingoko, polisiewoordvoerder, sê Motsie is op 17 April 2021 in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vriend (30) met ’n mes gesteek het.
“’n Rusie het glo tussen Motsie en ’n derde vriend ontstaan, wat tot ’n fisiese geveg gelei het. Ongelukkig het die slagoffer probeer ingryp om die geveg te probeer stopsit, maar hy is deur die verdagte met ’n mes gesteek.”
Slagoffer beswyk aan sy wonde
Die slagoffer is na ’n plaaslike kliniek op Mmabatho vervoer, maar is met sy aankoms dood verklaar. Motsie is in hegtenis geneem en van moord aangekla.
Die saak sal op 7 Mei 2021 voortgaan.
LEES OOK: iPhone wenk van die dag



