Het jy probleme met slaap? Dalk is dit tyd vir ‘n nuwe kussing. Kussings is nie sommer op ‘n mens se inkopie lys nie. Ons besef egter nie hoe belangerik dit is om ‘n goeie kussing onder jou kop te hê, vir ‘n goeie nag se rus nie. As dit tyd is vir jou om bietjie na nuwe kussing te kyk, hier is ‘n paar wenke om die regte kussing te kies.
Volgens the Sleep Doctor is dit belangerik om ‘n kussing tehê wat jou kop en nek genoeg ondersteuning gee. ‘n Kussing help ook dat jou liggaam in postuur bly terwyl jy slaap. As jy die verkeerde kussing het kan jy opstaan in die oggende met verskillende pyne.
Hoe weet ek dit is tyd vir ‘n nuwe kussing?
Verwyder jou kussings sloop en bestudeer die kussing. As hy geskeer is, snaaks ruik of sweet vlekke op het, is dit reeds tekens vir ‘n nuwe een. Nog ‘n toets om te doen is om jou kussing in die helfte te vou en hom dan neer te sit. As jou kussing nie terug na normaal beweeg nie, is dit tyd vir ‘n nuwe een.
Wenke om die regte kussing te kies:
Dit is ‘n baie persoonlike keuse om ‘n kussing te kies en daar is soo baie om van te kies.
Besluit watse soort kussing gaan vir jou die beste werk. Daar is verskillende soort kussing byvoorbeeld ‘n dons-kussing, ‘n sintetiese-vere-kussing of ‘n sintetsies-poliëster-kussing. Hierdie keuse verskill van persoon tot persoon. Enige sintetiese kussing is goedkoper as die gewone dons-kussing en het ‘n korter lewensduur. Die egte dons-kussings kan wel ook allergië veroorskaak.
Katoen-kussings is ‘n goeie keuse vir iemand wat allergie sensitief is. Die kussings beid weerstand teen stofmiete. Die kussings is egter geneig om plat te wees. Latex-kussings is gewoonlik baie ferm, maar steed gemaklik. Die kussing kan egter nie gebuig of gevou word wanneer jy slaap nie en hou sy vorm vir lank. Memory-foam kussings is baie populêr. Hierdie kussing vat die vorm van jou nek, kop en skouers aan. Die nadeel van hierdie kussing is dit behou hitte en kan veroorsaak dat jy sweet.
Hoe swaar die kussing is:
Dons- en sintetiese kussings is liggewig, terwyl Memory-foam en Latex baie swaarder is. Die gewig van jou kussing gaan oor persoonlike voorkeur. As jy graag jou kussing wil vorm en buig terwyl jy rus, kan ‘n ligter kussing ‘n beter keuse wees.
Die regte kussing is ‘n persoonlike keuse
Kwaliteiteit
Alhoewel kussing ook ‘n duur kopie is, is dit egter baie belangerik om nie vir die goedkoper keuses te gaan nie. Hoe hoër die prys van ‘n kussing hoe beter gaan die kwaliteit wees.
Grootte van kussing
Hierdie is ook ‘n persoonlike keuse, maak egter net seker dat jou kussingsloop perfek op jou kussing pas. Die kussing moet nie deur die sloop gedruk word nie, maar moet ook nie daar in swem nie.
Materiaal
Maak seker die materiaal wat jy vir jou kussingsloop kies laat asemhaling van jou kussing toe. Dit sal help dat sweet wat in aande opdamo weer vinnig verdamp.
Chemie
Sintetiese materiale soos Memory foam en poliëster word deur chemiese prosesse vervaardig. Baie kussings word deur antimikrobiese behandelings geplaas. Ken die chemie waarmee jou kussing vervaardig het, wees bereid om in ‘n goed gemaakte produk te belê. Oorweeg jou allergie en chemiese sesitieweteite wanneer jy in ‘n kussing belê.
Lees ook: Hoe om jou baba se geslag te kies – Is dit werklik moontlik?



