INDIË. – Moeder Natuur het weereens harte laat smelt toe ‘n olifantkoei 11 uur lank probeer het om haar kalf uit ‘n modderige put te trek.
Paws Planet berig die vasbeslote ma het geweier om haar kalf te verlaat. Sy gebruik dan eers haar slurp en dan haar pote om haar baba na veiligheid te bring. Ongelukkig het die moederolifant meer modder in die put gedruk, wat dit vir haar al hoe moeiliker gemaak het om die klein olifant te red.
Gemeenskap verleen hulp aan olifantkoei
Mense van die gemeenskap, wat naby die Chatra-distrik in Indië woon, het die olifant hoor huil en hulle na die toneel gehaas. Van die mense kon die koei se aandag aftrek terwyl ander mense van die modder verwyder het wat haar verhinder het om die kalf te gryp.
Met die hulp van die gemeenskap was die klein olifant sommer vinnig uit die put. Daar word verder berig die twee is later gesien hoe hulle gelukkig langs mekaar loop.

LEES OOK: Kyk, Australiese vrou sê sterkte aan SA’ners na brande op Tafelberg
LEES OOK: Botox-nagmerrie – dit kos net een inspuiting in die verkeerde plek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



