CHICAGO. – ‘n Vrou het onlangs op haar sosialemediaplatforms openlik gepraat oor haar Botox-nagmerrie toe haar een oog skielik begin hang het.
Elke vrou wil jonger lyk. Jy wil dalk van die ekstra plooie ontslae raak. Maar is Botox dit werd? Botox is ‘n middel wat vervaardig word deur ‘n gifstof wat deur die bakterie clostridium botulinum vervaardig word. Dit is dieselfde gifstof wat ‘n lewensbedreigende soort voedselvergiftiging, genaamd botulisme. veroorsaak. Dokters gebruik dit in klein dosisse om gesondheidsprobleme te behandel, asook vir die tydelike uitstryk van gesigplooie en die verbetering van ‘n persoon se voorkoms.
Whitney Buha, bekende blogger, laat twee keer ‘n jaar Botox rondom haar oë inspuit, maar na haar laaste afspraak het haar een oog skielik begin hang. In die eerste video wys Buha hoe sy voor die inspuiting gelyk het. Sy erken dat sy nie geweet het so iets kan gebeur nie.
In ‘n ander video verduidelik Buha haar oog wat hang is veroorsaak deurdat die Botox-inspuiting op die verkeerde plek toegedien is.Sedert die inspuitings het Buha se oogsituasie net vereger en sy was baie bekommerd oor haar voorkoms.
Daar is aan haar gesê daar is niks wat gedoen kan word om die uitkoms van haar Botox-nagmerrie om te keer nie.
Haar video’s en inskrywings op haar sosialemediaplatforms het sedert die voorval bekend geword en vrouens was dankbaar dat sy so oop en eerlik oor die voorval was.
LEES OOK: Fietsry-ongeluk – pa van twee maande oue baba sterf, ma kritiek
LEES OOK: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



